| Bloed se pH kan Lewe Versuur |
|
|
|
| Thursday, 21 May 2009 12:51 |
|
The Tygerburger, Woensdag 19 Mei 2004 Ons bloed kan vergelyk word met 'n swembad. As ons swembad se suurgehalte reg is, is die water skoon en helder. Sodra daar 'n pH-verskuiwing plaasvind, groei alge en parasiete in die swembad, en so ook in die liggaam. Sodra 'n pH-verskuiwing plaasvind weens onderstaande redes, is daar wanabsorpsie van voedsel. Die gevolg is 'n interne mikrobe-wanbalans (parasiete, giste, wurms), 'n kringkloop van pHverskuiwings en wanbalanse wat ons immuniniteit en neurologiese gesondheid beï nvloed. Faktore wat pH beïnvloed: Dieet, suiker, intoleransies (gluten en laktose). Vrugte, groente en slaai (rou en gaar) werk alkalies en herstel ons suurgehalte (pH). Stysels en dierlike proteï ne (plantaardig en dierlik) is suurvormend en kan in oormaat 'n probleem veroorsaak. Waak teen te veel stysels en te veel vleis. Ons ideal is 60-80% alkaliserende kosse. Een blikkie koeldrank (coke) kan 'n immuunsisteem vir 8 ure verlam weens die suiker daarin. Dit kan verklaar waarom ons kinders permanente boonste lugweginfeksies kry. Die suiker laat nie net mikrobes groei nie, maar veroorsaak suur, moegheid en cravings vir nog soetgoed. Kies natuurlike suikers soos vrugte wat 'n alkaliserende effek het as versnapering in u kind se kospakkie. Intoleransies: Weens chemiese/farmaseutiese medisyne word die interne balans van vriendelike bakterieëin ons liggaam versteur. Hulle is daar geplaas om die interne pH reg te hou vir absorpsie van kos. Waak teen dié middels en ondersoek 'n natuurlike opsie as u kind siek is. Mikrobe-wanbalanse het nadelige gevolge soos intoleransies vir melksuiker (koeimelk, laevet inkluis). As daar bewyse is vir gluten-intoleransie, (soos diarree, konstipasie, moegheid, velprobleme, diabetes, hoofpyne, asma, winderigheid), is daar altyd aartappels, mielies, rys en patat om te eet. Hoe nou gemaak om my pH te herstel? Aanvullings en detoksifisering is 'n opsie, en dit saam met dieet en verandering van die onmiddellike omgewing (water, ander faktore) kan 'n verskil maak in u en u kind se gesondheid. Suret Morkel
Boeke: Truths About Restoration Healthy Quick and Easy Recipes
Produkte: Micro-sweep, AB-lactics, Mineral –Wise, Magnesium Citrate, Vitamin C, Neurest and ZoëB-co
|
|
|
|






