|
The Tygerburger, Woensdag 9 Maart 2005
Ons brein kan in ‘n toestand van sub-chroniese siekte wees en dit van daaglikse broodjie.
Nie net weet ons nou al dat gluten in brood brein-allergieë veroorsaak nie maar ook dat margarine kan bydra tot allerlei gesondheids probleme. Behoorlike bloedtoevoer, stabiele bloedsuikervlakke, genoeg neurooordraagstowwe (senu-boodskappers), en genoegsame DHA vlakke (‘n omega-3 vetsuur wat in visolie en sale voorkom) is nodig vir ‘n gesonde hart en brein.)
Dr. Carl Albrecht het onlangs weer in Die Burger die gesondheidsgevaar van margarine vir hartsiektes, inflammasie, diabetes en brein-gesondheid beklemtoon.
Die margarine-debakel is een van die grootste voedingsflaters van ons moderne tyd.
Met die ontwikkeling van langer rakleeftye vir byvoorbeeld vroodmeel is kosbare omega-3 ryke koringkiem uit die saad verwyder, want dit oksideer en ruik sleg as die produk ouer raak.
So ook het plantolies ‘n beperkte rakleeftyd. Navorsing om oksidasie te verminder the nou wel vir Paul Sabatier in 1897 ‘n Nobelprys besorg, maar die verdigting van olie tot margarie lei tot die vorming van gevaarlike transvetsure wat normale selprosesse blokkeer.
Let op –alle gebak wat margarine en kookolie bevat (koekies, skyfies, diep gebraaide kitskosse) is deurtrek met transvetsuret.
Kan ons verbaas wees as kinders en grootmense kwaai raaak, kanker en ander degeneratiewe siektes soos artitis kry en ‘n groot persentasie mense ly aan ADHD (hiperaktiwiteit), depressie en seniele demensia? As jy sukkel om op jou daaglikse take te konsentreer, sukke om projekte te voltooi, dink jou geheue laat jou in die steek – kyk weer in die koskas.
Die psalmskrywer het te reg gesê “We are fearfully wonderfully made”, maar ons het ‘n verantwordelikheid. Neuro-oordraagstowwe kan op ‘n natuurlike manier herstel word en so ook slegte vetsuurbalanse. Meng olyfolie met plaasbotter en geniet ‘n glutenvrye Essene-broodjie. In plaas van oormatige gebruik vna gebakte en diepgebraaide kos kan ons veel eerder koud-geprosesseerde olies gebruik vir slaai en roerbraai.
Farmaseutiese graad visolie (nie uit vislewer onttrek nie) is nou beskikbaar (produk Omega-wise) en met tyd kan slegte vetsure uitgeskakel word. Dit is moontlik om ‘n nuwe hormoonsisteem te kry binne een jaar.
Suret Morkel
Boeke: Natural Hormonal Replacement
Truths About Restoration
Produkte: Micro-sweep, AB-lactics, Neurest, Omega-wise
Interested to receive regular news on health?
|